kermisbed [boodskap #130413] |
Sa, 21 Maart 2020 15:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kermisbed
Afbreking: ker•mis•bed
Samestelling: kermis + bed
Selfstandige naamwoord: kermisbed
Meervoud: kermisbeddens
Verkleinwoord: kermisbedjie
Meervoud van verkleining: kermisbedjies
Betekenis:
• 'n Bed op die vloer gemaak.
Gebruik:
• Die onverwagte gaste sal maar op 'n kermisbed moet slaap.
Vertaling:
Engels: makeshift bed, made-up bed
Nederlands: kermisbed
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|