keramiek [boodskap #130412 ]
Sa, 21 Maart 2020 15:43
Leksikograaf
Boodskappe: 20579Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Keramiekware
keramiek
Afbreking: ke•ra•miek
Selfstandige naamwoord: keramiek
Meervoud: keramieke
Betekenis:
• Erdewerk van klei wat hard gebak is.
Gebruik:
• Die keramiek uit die prehistoriese tyd van die verskillende kulture het heelwat bygedra tot die kennis wat vandag oor hierdie kulture bestaan.
Wisselvorm:
• seramiek
Afgelei:
• keramiekbak
• keramiekfabriek
• keramiekhouer
• keramiekindustrie
• keramiekkuns
• keramiekkunstenaar
• keramiekpot
• keramiekteël
• keramiekuitstalling
• keramiekware
Vertaling:
Engels: ceramics
Nederlands: keramiek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.