insolvent [boodskap #130403] |
Sa, 21 Maart 2020 10:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
insolvent
Afbreking: in•sol•vent
Byvoeglike naamwoord: insolvent
Attributief: insolvente
Betekenis:
• Onvermoë om jou skulde te betaal.
Gebruik:
• Die SAUK is tegnies insolvent en hoop dat die nasionale tesourie tot hul redding sal kom.
• Jou skuldeisers kan 'n gedwonge aansoek om sekwestrasie indien by die hof en jou boedel kan dan gevolglik insolvent verklaar word.
Vertaling:
Engels: bankrupt, insolvent
Nederlands: insolvent
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|