Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kiem
kiem [boodskap #130380] Vr, 20 Maart 2020 12:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kiem
Afbreking: kiem


Selfstandige naamwoord: kiem
Meervoud: kieme
Verkleinwoord: kiempie
Meervoud van verkleining: kiempies

Betekenis:
• 'n Mikro-organisme of mikrobe, dikwels die mikroskopiese veroorsaker van 'n siekte, bv 'n bakterie of 'n basil.
• 'n Embrio in 'n vroeë stadium van ontwikkeling. Dié deel van 'n vrug waaruit 'n nuwe plant of dier kan groei.
• (figuurlik) Dit waaruit iets kan groei of ontstaan.

Gebruik:
• Die water was met die kieme van 'n dodelike siekte besmet.
• Die kiem bestaan by diere gewoonlik uit drie kiemlae.
• So is die kiem gesaai van die eeuelange stryd tussen Engelse kerkleiers en die Engelse monargie.

Spreekwoord:
• In die kiem smoor. [Iets onderdruk voordat dit kan ontwikkel.]

Sinoniem:
• mikrobe

Afgelei:
• kiemdokter
• kiemdraer
• kiemlaag
• kiemsel
• kiemstremmiddel
• kiemvry
• siektekiem

Vertaling:
Engels: germ; embryo, seed
Nederlands: kiem


Werkwoord: kiem
Verlede tyd: het gekiem

Betekenis:
• Begin om te groei vanuit 'n kiem of saadjie.

Gebruik:
• Enkele plante kiem pas na 'n brand.

Vertaling:
Engels: to germinate, sprout, shoot
Nederlands: ontkiemen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: formulier
Volgende onderwerp: kombuiskas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 06:17:54 MGT 2024