formulier [boodskap #130379] |
Do, 19 Maart 2020 19:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
formulier
Afbreking: for•mu•lier
Selfstandige naamwoord: formulier
Meervoud: formuliere
Verkleinwoord: formuliertjie
Meervoud van verkleining: formuliertjies
Betekenis:
• 'n Vasgestelde bewoording om te lees by plegtige verrigtings.
Gebruik:
• Nadat die predikant die formulier gelees het, het die bruidegom en bruid mekaar se regterhande gevat en die huweliksbelofte afgelê.
afgelei:
• doopformulier
• nagmaalsformulier
• huweliksformulier
• begrafnisformulier
Vertaling:
Engels: form; formulary
Nederlands: formulier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|