flikflooi [boodskap #130378] |
Do, 19 Maart 2020 19:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
flikflooi
Afbreking: flik•flooi
Werkwoord: flikflooi
Verlede tyd: het geflikflooi
Betekenis:
• Vlei om iets te kry. Om op 'n liefdevolle of onderdanige manier aandag soek. Ogies maak. Flikkers gooi.
Gebruik:
• Jy flikflooi verniet by my, dit sal jou niks help nie.
• Hoe lang gaan jy by haar flikflooi voor jy besef sy stel nie belang nie?
Afgelei:
• flikflooier
• flikflooierig
• flikflooiery
Spelfout:
• flikvlooi
Vertaling:
Engels: to flatter, butter up, cajole, coax
Nederlands: flikflooien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|