Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skande
skande [boodskap #130373] Do, 19 Maart 2020 18:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skande
Afbreking: skande
Samestelling: skan•de


Selfstandige naamwoord: skande
Meervoud: skandes
Verkleinwoord: skandetjie
Meervoud van verkleining: skandetjies

Betekenis:
• Iets wat minagting by die publiek oproep; iets oneervols.

Gebruik:
• Dit is geen skande om vir jou eie taal en mense op te staan nie.

Spreekwoord:
• Hy steek my in die skande. [Iemand deur sy optrede in die verleentheid bring.]
• Met skade en skande van iets afkom. [Geldelik en sedelik ly.]
• Deur skade en skande word 'n mens wys. [Deur onaangename ondervindings leer 'n mens.]

Afgelei:
• bloedskande

Verwant:
• skandaal
• skandelik

Vertaling:
Engels: disgrace, shame, infamy
Nederlands: schande

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: faksimilee
Volgende onderwerp: farmakologie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 06:20:55 MGT 2024