Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » buffetete
buffetete [boodskap #130357] Wo, 18 Maart 2020 12:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Buffetete.
'n Buffetete.
buffetete
Afbreking: buf•fet•ete
Samestelling: buffet + ete


Selfstandige naamwoord: buffetete
Meervoud: buffetes
Verkleinwoord: buffetetjie
Meervoud van verkleining: buffetetjies

Betekenis:
• Ete waar die kos klaar op die tafel staan en deur gaste self gehaal word.

Gebruik:
• Moenie vanmiddag se heerlike buffetete by ons restaurant misloop nie.
• "As dit pap reën, moet jy skep," hoor ek 'n vrou by die buffetete agter my sê.

Sinoniem:
• buffetmaal

Vertaling:
Engels: buffet meal
Nederlands: buffetmaaltijd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bufferstaat
Volgende onderwerp: kennisgewing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 06:31:46 MGT 2024