bakermat [boodskap #130344] |
Wo, 18 Maart 2020 06:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bakermat
Afbreking: ba•ker•mat
Samestelling: baker + mat
Selfstandige naamwoord: bakermat
Meervoud: –
Betekenis:
• Die oorsprong van iets of iemand. Plek van ontstaan.
Gebruik:
• Florence is die bakermat van die renaissance en een van die bekendste kultuurstede in Europa.
Sinoniem:
• geboorteland
• kweekplek
• oorsprong
• teelaarde
Vertaling:
Engels: cradle, birth-place
Nederlands: bakermat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|