speekbeen [boodskap #130316] |
So, 15 Maart 2020 19:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
speekbeen
Afbreking: speek•been
Samestelling: speek + been
Selfstandige naamwoord: speekbeen
Meervoud: speekbene
Verkleinwoord: speekbeentjie
Meervoud van verkleining: speekbeentjies
Betekenis:
• Een van die twee bene van die onderarm. 'n Onderarm-been wat aan die duim se kant van die hand vasheg.
Gebruik:
• Die speekbeen is aan die buitekant en lê teenoor die duim met die ellepyp aan die binnekant teenoor die pinkie.
Sinoniem:
• boarmbeen
• radius
Vertaling:
Engels: radius
Nederlands: spaakbeen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|