Betekenis:
• 'n Natuurlike optiese fenomeen in die atmosfeer in die vorm van twee helder ligvlekke links en regs van die regte son.
Gebruik:
• Bysonne ontstaan as sonlig gereflekteer en opgebreek word deur seshoekige plaatvormige yskristalle in die atmosfeer, wat op 'n vergelykbare wyse soos by 'n reënboog in die kleure van die spektrum gesplits word.
Sinoniem:
• parhelium
Verwant:
• anthelium
Vertaling:
Engels: sun dog, mock sun
Nederlands: bijzon
Nota:
• Moenie "byson" met "bison" ('n dier) verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.