Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pols
pols [boodskap #130262] Di, 10 Maart 2020 20:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Iemand se pols word geneem.
Iemand se pols word geneem.
pols
Afbreking: pols
Uitspraak: /pɔls/


Selfstandige naamwoord: pols
Meervoud: polse
Verkleinwoord: polsie
Meervoud van verkleining: polsies

Betekenis:
• (anatomie) Die gewrig tussen die onderarm en hand; handgewrig.
• Die klopping van die polsslagaar; polsslag.

Gebruik:
• Hy het sy pols met rugby gebreek.
• Die suster neem die pasiënt se pols.

Afgelei:
• polsaar
• polsband
• polsbeen
• polsgewrig
• polsgewrigbreuk
• polshorlosie
• polsslag

Vertaling:
Engels: wrist; pulse
Nederlands: pols


Werkwoord: pols
Verlede tyd: het gepols

Betekenis:
• Iemand om sy mening vra.

Gebruik:
• Sy pols die kroegman vir die skinderstories op die dorp.

Vertaling:
Engels: to probe
Nederlands: polsen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geelhout
Volgende onderwerp: spotvoël
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 06:20:39 MGT 2024