sloerie [boodskap #130260] |
Di, 10 Maart 2020 18:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sloerie
Afbreking: sloe•rie
Selfstandige naamwoord: sloerie
Meervoud: sloeries
Betekenis:
• 'n Slordige persoon; slons.
• (pejoratief) 'n Vrou met losse sedes; slet.
Gebruik:
• Wees gesteld op jou voorkoms en moenie soos 'n sloerie in 'n kamerjas met 'n sigaret in die mond in die openbaar verskyn nie.
• Doris Day is deur Hollywood voorgehou as 'n blonde, heilsame en maagdelike prikkelpop, meer Madonna as sloerie. [Rapport, 19 Mei 2019]
Vertaling:
Engels: trollop; slut
Nederlands: sloerie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|