sondebok [boodskap #130257] |
Di, 10 Maart 2020 14:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sondebok
Afbreking: son•de•bok
Samestelling: sonde + bok
Selfstandige naamwoord: sondebok
Meervoud: sondebokke
Verkleinwoord: sondebokkie
Meervoud van verkleining: sondebokkies
Betekenis:
• Iemand op wie die skuld van ander gelaai word of 'n straf namens iemand anders moet dra.
• Iemand wat skuldig is.
Gebruik:
• Ons sal moet ligloop, hulle is op soek na 'n sondebok om die skuld vir die maatskappy se swak resultate te kry.
• Hulle het die sondebok vasgetrek.
Vertaling:
Engels: scapegoat
Nederlands: zondebok
Nota:
• Afgelei van die die bok waarop die sonde van Israel simbolies oorgedra is en wat op die Groot Versoeningsdag die woestyn ingejaag is.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|