kwaksalwer [boodskap #130220] |
Sa, 07 Maart 2020 20:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kwaksalwer
Afbreking: kwak•sal•wer
Selfstandige naamwoord: kwaksalwer
Meervoud: kwaksalwers
Verkleinwoord: kwaksalwertjie
Meervoud van verkleining: kwaksalwertjies
Betekenis:
• Iemand wat mense bedrieg deur hom as 'n dokter voor te doen.
• Spotnaam vir 'n dokter.
Gebruik:
• Vroeër het reisende kwaksalwers ook tande getrek, met die belofte dat die slagoffers nie pyn sou voel nie – mits hulle sy medisyne koop.
• Wat sê die kwaksalwer, sal hy jou kan deurtrek?
Sinoniem:
• kammadokter
• kwak
• wonderdokter
Afgelei:
• kwaksalweragtig
• kwaksalwersmiddel
• kwaksalwery
Vertaling:
Engels: quacksalver, fake healer
Nederlands: kwakzalver
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|