heethoof [boodskap #130199] |
Sa, 07 Maart 2020 10:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
heethoof
Afbreking: heet•hoof
Samestelling: heet(warm) + hoof(kop)
Selfstandige naamwoord: heethoof
Meervoud: heethoofde
Betekenis:
• Iemand wat driftig van geaardheid is. 'n Persoon wat vinnig kwaad word en vinnig optree sonder om te dink.
Gebruik:
• Hy is 'n regte ou heethoof en vererg hom vir die geringste dingetjie.
Sinoniem:
• vuurvreter
Afgelei:
• heethoofdig
• heethoofdigheid
Vertaling:
Engels: hothead, hot-headed person
Nederlands: heethoofd, vuurvreter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|