Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hierjy
hierjy [boodskap #130195] Sa, 07 Maart 2020 06:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hierjy
Afbreking: hier•jy
Samestelling: hier + jy


Selfstandige naamwoord: hierjy
Meervoud: hierjys
Verkleinwoord: hierjytjie
Meervoud van verkleining: hierjytjies

Betekenis:
• Vabond; lummel.
• 'n Gewone mens of ding.
• Iemand wat gehiet en gebied kan word.

Gebruik:
• Die hierjy het my handsak gesteel!
• Die matriek-eindeksamen is nie sommer vir enige hierjy nie.
• Ek is nie jou hierjy nie!

Vertaling:
Engels: lout
Nederlands: pummel, slungel, lomperd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tjankbalie
Volgende onderwerp: haantjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 06:16:52 MGT 2024