Supertaal
Waarin ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Koronavirus
Koronavirus [boodskap #130192] Vr, 06 Maart 2020 20:53 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 398
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
Dokter aan pasiënt:
"Jy is positief getoets vir die Koronavirus."
"Dadelik in daardie kamertjie in, spesiale dieet van pannekoek en pizza vir jou!"

Pasiënt:
"Werk dit?"
"Nee, maar dis al wat on onder die deur kan deurgestoot!"
Re: Koronavirus [boodskap #130259 is 'n antwoord op boodskap #130341] Di, 17 Maart 2020 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 398
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
Die virus sorg darem vir so bietjie humor tussendeur die histerie.
Iemand vertel dat sy lekker gelag het vir 'n ou tannie by die kafee na sy genies het: inplaas van om te sê "gesondheid", gooi sy toe sommer "korona"!
Re: Koronavirus [boodskap #130341 is 'n antwoord op boodskap #130259] Di, 10 Maart 2020 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 398
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
In die verlede moes jy altyd hard hoes dat ander nie hoor jy poep nie,
maar klink my ons gaan nou hard moet poep dat ander nie hoor ons hoes nie.
Re: Koronavirus [boodskap #130383 is 'n antwoord op boodskap #130341] Vr, 20 Maart 2020 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 398
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
Hulle het gesê: "Net 'n masker en handskoene is genoeg om winkels toe te gaan!"
Toe ek daar kom, het die ander mense klere aangehad.
Weet jy hoe 'n poephol ek gevoel het!
Re: Koronavirus [boodskap #130453 is 'n antwoord op boodskap #130383] Ma, 23 Maart 2020 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 398
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
Die korona-ding raak nou heeltemal te erg.
Ek nies net oor my rekenaar, toe skop die antivirus-program in.
Re: Koronavirus [boodskap #130514 is 'n antwoord op boodskap #130453] Vr, 27 Maart 2020 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 398
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
Met niemand anders om mee te praat gedurende dié tyd van isolasie nie, gesels ek nou maar met my vrou.
En wat 'n aangename mens is sy nie!
Re: Koronavirus [boodskap #130515 is 'n antwoord op boodskap #130514] Vr, 27 Maart 2020 15:47 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 398
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
Die psigiater laat sy pasiënte weet:
"Dis heeltemal normaal om in afsondering met jul mure, potte en plante te gesels."
"Maar, laat ons dadelik wees as hulle terug antwoord!"
Vorige onderwerp: Beurtkrag
Volgende onderwerp: Afrikaanse grappe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mrt 30 12:26:47 UTC 2020