tiran [boodskap #130183] |
Vr, 06 Maart 2020 14:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tiran
Afbreking: ti•ran
Selfstandige naamwoord: tiran
Meervoud: tiranne
Verkleinwoord: tirantjie
Meervoud van verkleining: tirantjies
Betekenis:
• Iemand wat met geweld heers; wreedaardige onderdrukker.
Gebruik:
• Plato en Aristoteles definieer 'n tiran as "iemand wat regeer buite die wet, kyk na sy eie voordeel eerder as dié van sy onderdane, en wat ekstreme en wrede taktieke toepas – teen sy eie mense asook teen andere".
Sinoniem:
• alleenheerser
• despoot
• dwingeland
• onderdrukker
Verwant:
• tirannie
• tiranniek
• tirannies
• tiranniseer
Vertaling:
Engels: tyrant
Nederlands: tiran
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|