Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fotobom
fotobom [boodskap #130182] Vr, 06 Maart 2020 07:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fotobom
Afbreking: fo•to•bom
Samestelling: foto + bom


Selfstandige naamwoord: fotobom
Meervoud: fotobomme

Betekenis:
• 'n Foto waarop 'n persoon 'n onverwagte verskyning maak. Foto wat gekaap is deur iemand wat voor die lens ingespring het.

Gebruik:
• Kyk hierdie fotobom!

Verwant:
• steelfoto

Vertaling:
Engels: photobomb
Nederlands: fotobom


Werkwoord: fotobom
Verlede tyd: het gefotobom

Betekenis:
• Doelbewus op iemand anders se foto inbreuk maak.

Gebruik:
• Prins Harry het 'n foto van drie Nieu-Seelandse rugbyafrigters gefotobom. [Prins Harry fotobom afrigters by Statebondspele, Netwerk24, 28 Mei 2017]

Vertaling:
Engels: to photobomb

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: selfie
Volgende onderwerp: tiran
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 06:29:38 MGT 2024