Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blinkoog
blinkoog [boodskap #130169] Do, 05 Maart 2020 19:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20583
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
blinkoog
Afbreking: blink•oog
Samestelling: blink + oog


Selfstandige naamwoord: blinkoog
Meervoud: blinkoë

Betekenis:
• 'n Vryerige persoon.
• Iemand met 'n oog wat blink of iets of wat skitter (soos 'n diamant).
• 'n Bynaam vir die duiwel.

Gebruik:
• Hy is 'n regte blinkoog, die meisies kan nie genoeg van hom kry nie.
• Hierdie is die mooiste blinkoog wat die diamantmyn nog opgelewer het.
• Ou Blinkoog sal jou kom haal as jy stories aandra.

Vertaling:
Engels: bright-eye; a flirt; devil
Nederlands: een flirt; duivel


Byvoeglike naamwoord: blinkoog
Attributief: blinkoog

Betekenis:
• Met 'n traan in die oog.
• Lewendig en vol verwagting.

Gebruik:
• Graad 1's het vanoggend blinkoog aangemeld vir hul eerste skooldag.
• Sy was jonk, blinkoog, met 'n poniestert en die mooiste Afrikaanse stem.

Vertaling:
Engels: bright-eyed, shining eye
Nederlands: stralend oog

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bittereinder
Volgende onderwerp: blikoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 08:38:31 MGT 2024