askoek [boodskap #130159] |
Do, 05 Maart 2020 06:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20583 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
askoek
Afbreking: as•koek
Samestelling: as + koek
Selfstandige naamwoord: askoek
Meervoud: askoeke
Verkleinwoord: askoekie
Meervoud van verkleining: askoekies
Betekenis:
• Brood wat direk oor kole en as gebak word; roosterkoek.
• 'n Soort rieldans wat deur die Khoikhoi gedans word.
• (figuurlik) Vabond; niksnut(s).
Gebruik:
• Ons bedien askoek saam met braaivleis.
• Rieldansers hoef nie te vrees dat die askoek nie in 2020 getrap sal word nie.
• Sy is 'n regte askoek.
Afgelei:
• askoekdeeg
Vertaling:
Engels: ash cake; rogue, scamp
Nederlands: askoek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|