veldpredikant [boodskap #130143] |
Wo, 04 Maart 2020 11:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20583 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veldpredikant
Afbreking: veld•pre•di•kant
Samestelling: veld + predikant
Selfstandige naamwoord: veldpredikant
Meervoud: veldpredikante
Betekenis:
• 'n Predikant wat vir die leër sorg.
Gebruik:
• Ds. Wilhelm Adolph Alheit word veral onthou as veldpredikant tydens die Anglo-Boereoorlog, asook die stigter van Kakamas.
Sinoniem:
• kapelaan
Vertaling:
Engels: field preacher/minister
Nederlands: veldpredikant
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|