eburien [boodskap #130085] |
So, 01 Maart 2020 15:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20583 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eburien
Afbreking: e•bu•rien
Selfstandige naamwoord: eburien
Meervoud: –
Betekenis:
• Nagemaakte ivoor, 'n preparaat van beenmeel met verskillende binders van diere (bloed, eiwit, ens.).
Gebruik:
• Met hitte kan eburien (vals ivoor) tot allerhande gebruiksvoorwerpe, soos muurlyste en seëls, gepers word.
Sinoniem:
• eburine
• eburiet
• kunsivoor
Vertaling:
Engels: eburine, eburite
Nederlands: eburiet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|