outokraat [boodskap #130084] |
So, 01 Maart 2020 10:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20583 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
outokraat
Afbreking: ou•to•kraat
Selfstandige naamwoord: outokraat
Meervoud: outokrate
Betekenis:
• Iemand wat besluite op sy eie en sonder oorleg met ander maak.
Gebruik:
• Mugabe is beskryf as 'n magsbehepte outokraat wat moordbendes uitgestuur het, verkiesings beknoei het, en die ekonomie ten gronde laat gaan het om aan bewind te bly.
Sinoniem:
• alleenheerser
• baasspeler
• despoot
• diktator
• dwingeland
• selfheerser
Antoniem:
• demokraat
Verwant:
• outokraat
• outokrasie
Vertaling:
Engels: autocrat
Nederlands: autocraat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|