kartograaf [boodskap #130062] |
Sa, 29 Februarie 2020 15:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20583 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kartograaf
Afbreking: kar•to•graaf
Selfstandige naamwoord: kartograaf
Meervoud: kartograwe
Betekenis:
• Iemand wat land-, see- of lugkaarte teken.
Gebruik:
• Die kartograaf moet rekening hou met die eienskappe van die menslike oog, sodat kontraste waarneembaar voorgestel word.
Sinoniem:
• kaartmaker
• kaarttekenaar
• karteerder
Vertaling:
Engels: cartographer
Nederlands: cartograaf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|