kanselier [boodskap #130061] |
Sa, 29 Februarie 2020 15:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20583 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kanselier
Afbreking: kan•se•lier
Selfstandige naamwoord: kanselier
Meervoud: kanseliere, kanseliers
Verkleinwoord: kanseliertjie
Meervoud van verkleining: kanseliertjies
Betekenis:
• Die amptelike hoof van 'n universiteit.
• Eerste minister van 'n staat soos Duitsland.
Gebruik:
• As kanselier sal hy as titulêre hoof van die universiteit dien.
• Die Duitse kanselier, Angela Merkel, kom vandag vir 'n tweedaagse staatsbesoek in Suid-Afrika aan.
Afgelei:
• vise-kanselier
Vertaling:
Engels: chancellor
Nederlands: kanselier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|