drieakter [boodskap #130059] |
Sa, 29 Februarie 2020 13:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20583 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
drieakter
Afbreking: drie•ak•ter
Samestelling: drie + akter
Selfstandige naamwoord: drieakter
Meervoud: drieakters
Betekenis:
• 'n Toneelstuk met drie bedrywe (aktes).
Gebruik:
• Die gedig Trekkerswee is in drie dele verdeel, het ʼn kwasi-epiese karakter en toon 'n strukturele ooreenkoms met die Aristoteliaanse drieakter.
• Die bundel "Die ouderling en ander toneelstukke" (1934) bevat vier werke: Die ouderling en Ousus (albei drieakters), asook Ruwe erts en Rooibruin blare (albei eenakters).
Sinoniem:
• driebedryf
Vertaling:
Engels: three-act play
Nederlands: drieakter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|