Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stinkhout
stinkhout [boodskap #130057] Sa, 29 Februarie 2020 08:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20583
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die blare van 'n stinkhoutboom in Kaapstad.
Die blare van 'n stinkhoutboom in Kaapstad.
stinkhout
Afbreking: stink•hout
Samestelling: stink + hout


Selfstandige naamwoord: stinkhout
Meervoud: stinkhoute
Verkleinwoord: stinkhoutjie
Meervoud van verkleining: stinkhoutjies

Betekenis:
• 'n Inheemse boom van Suid-Afrika (Ocotea bullata) met topgehalte hout waarvan meubels gemaak word.

Gebruik:
• Die stinkhout het sy naam gekry weens die feit dat dit stink wanneer dit afgesaag word.
• "En watter hout, soos ons almal weet, is die koningshout in hierdie bos?" "Stinkhout, meneer." [Toorbos, Dalene Matthee, 2003, p56]

Sinoniem:
• swartstinkhout
• warestinkhout

Verwant:
• witstinkhout

Vertaling:
Engels: black stinkwood
Nederlands: stinkhout

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: viskundige
Volgende onderwerp: jingo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 08:37:51 MGT 2024