filoloog [boodskap #130045] |
Sa, 29 Februarie 2020 06:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20583 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
filoloog
Afbreking: fi•lo•loog
Selfstandige naamwoord: filoloog
Meervoud: filoloë
Betekenis:
• 'n Taalgeleerde. 'n Persoon wat in 'n gemeenskap se taal en kultuur spesialiseer.
Gebruik:
• Inskripsies in die Oud-Turkse skrif is in 1893 deur die Deense filoloog Vilhelm Thomsen ontsyfer.
Sinoniem:
• taalkundige
• taalgeleerde
• taalvriend
Verwant:
• filologie
Vertaling:
Engels: philologist
Nederlands: filoloog
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|