dermatoloog [boodskap #130005] |
Wo, 26 Februarie 2020 18:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20583 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dermatoloog
Afbreking: der•ma•to•loog
Selfstandige naamwoord: dermatoloog
Meervoud: dermatoloë
Betekenis:
• 'n Kenner van huidsiektes. 'n Medikus wat spesialiseer in die voorkoming, diagnosering en behandeling van velprobleme en -siektes.
Gebruik:
• As jy besorg is oor 'n moesie met 'n ongewone voorkoms, kan 'n dermatoloog 'n biopsie uitvoer om te bepaal of dit kwaadaardig is of nie.
Sinoniem:
• velspesialis
Verwant:
• dermatologie
Vertaling:
Engels: dermatologist
Nederlands: dermatoloog
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|