draaikous [boodskap #129978] |
Wo, 26 Februarie 2020 07:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20583 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
draaikous
Afbreking: draai•kous
Samestelling: draai + kous
Selfstandige naamwoord: draaikous
Meervoud: draaikouse
Verkleinwoord: draaikousie
Meervoud van verkleining: draaikousies
Betekenis:
• Iemand wat baie tydsaam is en nie dinge betyds afhandel nie.
Gebruik:
• Waar bly die draaikous tog nou al weer!
Spreekwoord:
• Sy is 'n regte draaikous. [Sukkel om vinnig te werk of klaar te maak.]
Sinoniem:
• draler
Vertaling:
Engels: dawdler, loiterer
Nederlands: treuzelaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|