Leksikograaf Boodskappe: 20583 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hawer
Afbreking: ha•wer
Selfstandige naamwoord: hawer
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Eenjarige graangewas (Avena sativa) of die sade daarvan.
Gebruik:
• Hawer is 'n veelsydige kleingraan wat in die verlede grootliks vir die graanmark aangeplant is, maar weens sy goeie voedingswaarde, deesdae ook as weidingsgewas geplant word.
Spreekwoord:
• Die perd wat die hawer verdien, kry die strooi. [Diegene wat die hardste werk, kry dikwels die minste beloning.]
Afgelei:
• hawermout
• hawermeel
Vertaling:
Engels: oats
Nederlands: haver
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.