Ek mis iets. Help [boodskap #12312] |
So, 25 Januarie 1998 00:00 |
M.Kruger
Boodskappe: 91 Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Kan iemand vir my laat weet waar die artikels geplaas word wat hier op
hierdie NG bespreek word. Ek sien al die kommentare, maar vind nie die
oorspronkikle bespreking nie. Koos was in die Oos Kaap, blykbaar, en
Gloudina het baie behendig die Hongersnood artikel gekaap om van haar seun
se besoek aan die Waterfront en die res van die land te vertel.Was ek nou
haar eksaminator het sy beslis die toetsie gedop weens die afdwaling van
die onderwerp, maar nou ja.
Die twee Engelse artikels wat hier geplaas is, is ontstellend. Dit laat 'n
mens diepdink oor die grense van vryheid van spraak. Ook wonder ek waar 'n
mens jouself op die ou einde moet plaas in die al hoe groterwordende Global
Village. Watter denkrigtings sal eventueel gedwing word om te verdwyn. En
is dit regverdig om te verwag dat alle mense gedwing moet word om een
ideologie aan te hang om aanvaarbaar te wees.
Die wereld is beslis 'n stadige ontwikkelende tropiese orgie. Van die
Grieke tot nou, het daar darem heelwat nuwe denkrigtings ontstaan.
Kom ons gesels oor die norme wat ons dink geldend vir die wereld moet wees,
en kyk of die kortsluitings in die brein oor die kakafonie van denkrigtings
verhoed kan word. Al wat my nog soort van op die regte pad hou, is 'n
glasie goeie Kaapse wyn, 'n spul kerse rondom die bad en Enya in die ore.
Met die televisie baie beslis afgeskakel tydens hierdie sessie.'Seblief.
Laat ons mekaar nou 'n slag positief inspireer. Gloudina, probeer tog nou
om nie weer van die onderwerp af te dwaal om oor jou familie en verlede te
jubel nie.
Die spreekworrd sê mos: " A man without a future, always turns back to his
past."
|
|
|
Re: Ek mis iets. Help [boodskap #12322 is 'n antwoord op boodskap #12312] |
Ma, 26 Januarie 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"griet" writes:
> Kan iemand vir my laat weet waar die artikels geplaas word wat hier op
> hierdie NG bespreek word. Ek sien al die kommentare, maar vind nie die
> oorspronkikle bespreking nie. Koos was in die Oos Kaap, blykbaar, en
> Gloudina het baie behendig die Hongersnood artikel gekaap om van haar seun
> se besoek aan die Waterfront en die res van die land te vertel.Was ek nou
> haar eksaminator het sy beslis die toetsie gedop weens die afdwaling van
> die onderwerp, maar nou ja.
Jy mis beslis 'n bietjie tegnologiese kennis.
Die titel van 'n gesprek-draad word van die een
bydrae na die ander oorgedra, en binne 'n kort
tyd het dit baie min met die oorspronklike skrywe
te doen. Dis nogal amusant om te sien hoe ver so
'n oorspronklike titel aangaan voordat dit 'n
natuurlike dood sterf.
En
> is dit regverdig om te verwag dat alle mense gedwing moet word om een
> ideologie aan te hang om aanvaarbaar te wees.
Die ou Nasionale Party het baie hard probeer
in die ou Suid-Afrika om dit reg te probeer kry.
>
> Die wereld is beslis 'n stadige ontwikkelende tropiese orgie.
Watter vreemde beskouing van die lewe!
Neewat, die wereld word aanmekaar beter.
Dis net mense met 'n agenda wat dink dat
die wereld slegter word. Kyk nou maar hoe
selfs SA uit die kloue van die donker gered
is.
> Kom ons gesels oor die norme wat ons dink geldend vir die wereld moet wees,
> en kyk of die kortsluitings in die brein oor die kakafonie van denkrigtings
> verhoed kan word. Al wat my nog soort van op die regte pad hou, is 'n
> glasie goeie Kaapse wyn, 'n spul kerse rondom die bad en Enya in die ore.
> Met die televisie baie beslis afgeskakel tydens hierdie sessie.'Seblief.
> Laat ons mekaar nou 'n slag positief inspireer. Gloudina, probeer tog nou
> om nie weer van die onderwerp af te dwaal om oor jou familie en verlede te
> jubel nie.
O, jy wil 'n verskeidenheid van denkrigtings verhoed?
Ruik ek weer die goeie ou nasionaal-sosialistiese
diktatoriale denkrigting wat die ou NP in SA probeer
invoer het. En dan wil jy dit nogal doen terwyl daar
kerse om jou bad brand. En Enya speel. Hoekom speel
jy nie Kramer nie. Hy is 'n ware Afrikaner en al die
gesonde Afrikaanse denkrigtings kan jy in sy liedere
kry.
>
> Die spreekworrd sê mos: " A man without a future, always turns back to his
> past."
>
Hoekom gebruik jy iemand anders se taal om jou
gedagtegang uit te spreek? Is jou eie taal nie
goed genoeg nie?
Gloudina
|
|
|