"Sprokie van die Spikkelkoei" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #12281] |
Vr, 23 Januarie 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
SPROKIE VAN DIE SPIKKELKOEI
D.J.Opperman
Uit holtes van 'n boom
het kuddes vee gekom,
toe kies my broer
die spikkelkoei vir hom.
Ek stoot hom oor'n krans,
hy val in 'n mik,
toe het 'n kraai
op die spikkelkoei gaan sit.
Smeer vet aan 'n klip,
korrel fyn, moenie kwes,
toe sak 'n duisend vere
noord, suid, oos, wes -
sak 'n duisend kraaie
oor die bloed, oor die klip...
O waar sal ek skuil
teen die stippels wat pik.
|
|
|