Leksikograaf Boodskappe: 20587 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klooster
Afbreking: kloos•ter
Selfstandige naamwoord: klooster
Meervoud: kloosters
Verkleinwoord: kloostertjie
Meervoud van verkleining: kloostertjies
Betekenis:
• 'n Gemeenskap wat in toewyding van hul geloof in afsondering van die wêreld leef.
• Die gebou waarin 'n klooster gevestig is. Die woonplek van monnike en nonne.
Gebruik:
• Die oudste Christelike klooster, wat nog steeds bestaan, is Mor Gabriël in die Turkse dorp Toer Abdin wat in 397 deur ene Shmuel (Samuel) en sy dissipel Shem'un (Simon) gestig is.
• Die Grieks-Ortodokse Sint Nektarios-klooster by die Hartebeespoortdam is sowat 45 minute per motor van Johannesburg geleë.