insektarium [boodskap #129862] |
Ma, 17 Februarie 2020 19:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20586 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
insektarium
Afbreking: in•sek•ta•ri•um
Selfstandige naamwoord: insektarium
Meervoud: insektariums, insektaria
Verkleinwoord: insektariumpie
Meervoud van verkleining: insektariumpies
Betekenis:
• Die plek waar insekte gekweek en bewaar word.
Gebruik:
• 'n Moderne, goed toegeruste insektarium is naby Jeffreysbaai opgerig vir die produksie van parasitiese wespe wat die uitbroei van vlieë betekenisvol kan voorkom.
Verwant:
• entomologie
• entomoloog
Vertaling:
Engels: insectarium
Nederlands: insectarium
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|