brouery [boodskap #129839] |
So, 16 Februarie 2020 16:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20586 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
brouery
Afbreking: brou•e•ry
Selfstandige naamwoord: brouery
Meervoud: brouerye
Verkleinwoord: brouerytjie
Meervoud van verkleining: brouerytjies
Betekenis:
• Die plek waar bier gemaak word.
Gebruik:
• Die brouery bied bierproe aan en die bier is van die tap of per bottel beskikbaar.
Spreekwoord:
• Daar is lewe in die brouery. [Dit woel en werskaf.]
Vertaling:
Engels: brewery, brew‐house
Nederlands: brouwerij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|