venter [boodskap #129817] |
Sa, 15 Februarie 2020 16:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20587 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
venter
Afbreking: ven•ter
Selfstandige naamwoord: venter
Meervoud: venters
Verkleinwoord: ventertjie
Meervoud van verkleining: ventertjies
Betekenis:
• Iemand wat op straat groente, vrugte en ander snuisterye verkoop.
Gebruik:
• 'n Venter skreeu of sing dikwels of gebruik grappies en towerkuns om kliënte se aandag op hul produk te vestig.
Sinoniem:
• smous
• marskramer
• straathandelaar
• straatverkoper
Vertaling:
Engels: hawker, streetvendor
Nederlands: venter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|