Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tyding
tyding [boodskap #129812] Sa, 15 Februarie 2020 15:25
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20587
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tyding
Afbreking: ty•ding


Selfstandige naamwoord: tyding
Meervoud: tydinge, tydings
Verkleinwoord: tydinkie
Meervoud van verkleining: tydinkies

Betekenis:
• 'n Berig of nuus wat ontvang word.

Gebruik:
• O die goeie tyding, o die blye tyding - helder klink dit met Kersfeestyd. [Gesang 103]

Spreekwoord:
• Nie taal of tyding ontvang nie. [Geen nuus nie.]
• Geen tyding, goeie tyding. [As 'n mens niks van 'n persoon hoor nie, kan jy seker wees dat dit goed gaan.]

Sinoniem:
• bekendmaking
• kennisgewing
• mededeling
• verwittiging

Afgelei:
• doodstyding
• maratyding
• onheilstyding

Vertaling:
Engels: news, tidings
Nederlands: tijding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vennoot
Volgende onderwerp: reünie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 10:29:35 MGT 2024