terapeut [boodskap #129808] |
Sa, 15 Februarie 2020 09:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20587 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
terapeut
Afbreking: te•ra•peut
Selfstandige naamwoord: terapeut
Meervoud: terapeute
Verkleinwoord: terapeutjie
Meervoud van verkleining: terapeutjies
Betekenis:
• Iemand wat sonder medisyne en net met oefeninge genees.
Gebruik:
• Die terapeut bou 'n spesiale band met die passiënt tydens speelterapie.
Hiponiem:
• arbeidsterapeut
• fisioterapeut
• gedragsterapeut
• seksterapeut
• spraakterapeut
• spraak-taalterapeut
Verwant:
• terapie
Vertaling:
Engels: therapeutist
Nederlands: therapeut
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|