spuitskilder [boodskap #129800] |
Sa, 15 Februarie 2020 07:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20586 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spuitskilder
Afbreking: spuit•skil•der
Samestelling: spuit + skilder
Selfstandige naamwoord: spuitskilder
Meervoud: spuitskilders
Verkleinwoord: spuitskildertjie
Meervoud van verkleining: spuitskildertjies
Betekenis:
• (verouderend) Persoon wat groot oppervlaktes soos mure en die bakwerk van motors met spuitverf beskilder.
Gebruik:
• Hy neem sy kar na 'n spuitskilder om die verfwerk op te knap.
Sinoniem:
• spuitverwer
Vertaling:
Engels: spray painter
Nederlands: spuitschilder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|