regter [boodskap #129786] |
Vr, 14 Februarie 2020 07:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20587 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
regter
Afbreking: reg•ter
Selfstandige naamwoord: regter
Meervoud: regters
Verkleinwoord: regtertjie
Meervoud van verkleining: regtertjies
Betekenis:
• 'n Lid van 'n regbank wat 'n oordeel vel. Die persoon wat 'n saak in die hooggeregshof verhoor.
Gebruik:
• Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê. [Lukas 18:6]
Vertaling:
Engels: judge, justice
Nederlands: rechter
Selfstandige naamwoord: regter
Meervoud: regters
Betekenis:
• 'n Hou met die regterhand; regterhou.
Gebruik:
• Hy gee hom 'n linker, toe 'n regter, waarna sy opponent teen die toue steier.
Antoniem:
• linker
Vertaling:
Engels: a right
Nederlands: rechts
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|