empatie [boodskap #129747] |
Di, 11 Februarie 2020 14:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20587 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
empatie
Afbreking: em•pa•tie
Selfstandige naamwoord: empatie
Meervoud: –
Betekenis:
• Vermoë om jou in die plek van 'n ander te stel om daardie persoon se houding en dade te begryp. Die vereenselwiging met, en begrip van iemand anders se situasie, gevoelens en beweegredes.
Gebruik:
• Empatie is die sleutel wat die deur tot ons goedhartigheid en medelye kan oopsluit.
• Die kragtigste manier om empatie te wek, is om jou af te vra: "Hoe sou ek gevoel het as ek in hierdie situasie was?"
Sinoniem:
• deernis
• inlewing
• invoeling
• meelewing
Afgelei:
• empaties
Vertaling:
Engels: empathy
Nederlands: empathie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|