Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » loods
loods [boodskap #129745] Di, 11 Februarie 2020 06:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20587
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
loods
Afbreking: loods


Selfstandige naamwoord: loods
Meervoud: loodse
Verkleinwoord: loodsie
Meervoud van verkleining: loodsies

Betekenis:
• Gids wat 'n skip in of uit 'n hawe bestuur; navigator deur moeilike waters; loodsman.
• 'n Groot skuur of pakhuis, soos die waarin vliegtuie en lokomotiewe gehou en herstel word.
• (anglisisme) 'n Vlieënier.

Gebruik:
• Die skip moes ure buite die hawe wag tot 'n ervare loods opgespoor kon word.
• Ná haar vlug sluit sy die vliegtuig in die loods toe.
• Die loods het die Boeing veilig gegand.

Afgelei:
• goedereloods
• loodsboot
• loodsdiens
• loodsgeld
• loodskaart
• vliegtuigloods

Vertaling:
Engels: pilot; hanger, shed
Nederlands: loods


Werkwoord: loods
Verlede tyd: het geloods

Betekenis:
• Deur gevaarlike waters lei.
• Iets versigtig êrens heen bring; saggies lei.

Gebruik:
• Die loods loods die skip uit die hawe uit.
• Die party het nuwe wetgewing ingedien wat hulle deur die parlement wil loods.

Vertaling:
Engels: to pilot; to direct
Nederlands: loodsen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: loodgieter
Volgende onderwerp: resensie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 10:33:07 MGT 2024