paneelklopper [boodskap #129693] |
So, 09 Februarie 2020 06:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20586 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
paneelklopper
Afbreking: pa•neel•klop•per
Samestelling: paneel + klopper
Selfstandige naamwoord: paneelklopper
Meervoud: paneelkloppers
Verkleinwoord: paneelkloppertjie
Meervoud van verkleining: paneelkloppertjies
Betekenis:
• Iemand wat die geduikte bakwerk van motors regmaak.
Gebruik:
• Om jou kar na 'n paneelklopper te neem is selde 'n aangename of 'n bekostigbare ervaring.
Sinoniem:
• duikklopper
Vertaling:
Engels: panel beater, auto body mechanic
Nederlands: uitdeuker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|