kalwerliefde [boodskap #129690] |
Sa, 08 Februarie 2020 13:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20587 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kalwerliefde
Afbreking: kal•wer•lief•de
Samestelling: kalwer + liefde
Selfstandige naamwoord: kalwerliefde
Meervoud: kalwerliefdes
Verkleinwoord: kalwerliefdetjie
Meervoud van verkleining: kalwerliefdetjies
Betekenis:
• 'n Onvolwasse vorm van liefde tussen twee jongmense.
Gebruik:
• Die heerlikheid van kalwerliefde kan jy eers met lekkerte en 'n lag onthou wanneer dit jare agter jou lê, want terwyl jy in daardie toestand verkeer, is dit net ’n warboel emosies en jy weet nie of jy kom of gaan nie.
Sinoniem:
• adolessenteliefde
• jeugliefde
• kinderliefde
• kinderverliefdheid
• studenteliefde
Vertaling:
Engels: puppy love, calf love
Nederlands: kalverliefde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|