Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bakterie
bakterie [boodskap #129671] Vr, 07 Februarie 2020 05:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20588
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Bakterie onder 'n elektronmikroskoop.
Bakterie onder 'n elektronmikroskoop.
bakterie
Afbreking: bak•te•rie


Selfstandige naamwoord: bakterie
Meervoud: bakterieë

Betekenis:
• Eensellige mikro-organisme (sonder 'n ware kern) wat vinnig vermenigvuldig en rotting, gisting en siekte veroorsaak.

Gebruik:
• 'n Verkoue word meestal deur 'n virus en nie deur 'n bakterie veroorsaak nie.
• Robert Koch en Louis Pasteur het bewys dat bakterieë siektes veroorsaak.

Sinoniem:
• kiem
• mikrobe
• mikro-organisme

Hiponiem:
• gistingsbakterie
• pigmentbakterie
• skroefbakterie
• tuberkelbakterie

Afgelei:
• bakteriedoder
• bakteriefilter

Verwant:
• bakterieel
• bakteries

Vertaling:
Engels: bacterium, bacteria
Nederlands: bacterie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bakterioloog
Volgende onderwerp: beiaardier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 10:37:40 MGT 2024