hardkoppig [boodskap #129657] |
Do, 06 Februarie 2020 12:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20586 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hardkoppig
Afbreking: hard•kop•pig
Byvoeglike naamwoord: hardkoppig
Vergrotende trap: hardkoppiger
Oortreffende trap: hardkoppigste
Attributief: hardkoppige
Partitief: hardkoppigs
Betekenis:
• Wat aan eie wil en insig vasklou en nie maklik oortuig word nie.
Gebruik:
• Ek weet dat julle hardkoppig is, dat julle so weerbarstig soos 'n stuk yster is en dat julle kop so hard soos brons is... [Jesaja 48:4]
Sinoniem:
• eiegeregtig
• eiesinnig
• eiewys
• halsstarrig
• hardnekkig
• hardvogtig
• koppig
• obstinaat
• styfhoofdig
• weerbarstig
Antoniem:
• inskiklik
Afgelei:
• hardkoppigheid
Vertaling:
Engels: headstrong, obstinate
Nederlands: koppig, obstinaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|