Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » summier
summier [boodskap #129653] Wo, 05 Februarie 2020 19:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20587
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
summier
Afbreking: sum•mier


Bywoord: summier

Betekenis:
• Voor die voet; sonder meer; kort, bondig en sonder omslag.

Gebruik:
• Die saak is toe summier uit die hof gegooi en die verdagtes het losgekom.

Vertaling:
Engels: summarily, briefly, concisely
Nederlands: summier


Byvoeglike naamwoord: summier
Attributief: summiere

Betekenis:
• Kort, bondig en sonder omslag; voor die voet; sonder meer.

Gebruik:
• Die summiere ontslag van 'n werknemer sonder 'n kennisperiode en sonder betaling vir die kennisperiode kan soms geregverdig wees.

Vertaling:
Engels: summary, brief, concise
Nederlands: summier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snorbaard
Volgende onderwerp: akrobaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 10:32:54 MGT 2024